Ons is in die GROOT-Kombuis saam met Geraldine Barkhuizen maak 'n 'Kaas en Spekwiele' op Die GROOT Ontbyt, 20 September 2024

Ge se MILO BALLETJIES

Bestandele:
- 1 ui, fyngekap
- 1 pakkie geskeurde spek
- Kruie en speserye van jou keuse
- 1 koppie gerasperde kaas
- Blaardeeg

Instruksies:

1. Verhit 'n pan en voeg die fyngekapte ui en geskeurde spek by. Braai dit saam met die kruie en speserye van jou keuse tot die ui sag is en die spek bros.
2. Rol die blaardeeg uit op 'n plat oppervlak.
3. Sprinkel die gerasperde kaas eweredig oor die uitgerolde blaardeeg.
4. Versprei die gebraaide spek en ui mengsel oor die kaas.
5. Rol die deeg styf op om 'n lang rol te vorm.
6. Sny die rol in 1 cm dik skywe.
7. Plaas die skywe in 'n bakpan.
8. Bak in 'n voorverhitte oond by 180°C vir ongeveer 20 minute of tot goudbruin.

Geniet jou spek en kaas pinwheels!

#DieGROOTOntbyt
#bacon
#cheese